Brekende Nuus
Afrikaans

Liggaam spoel op Ballito-strand uit

Die geslag van die liggaam kan as gevolg van die gevorderde stadium van ontbinding nie bevestig word nie.

Liggaam spoel op Ballito-strand uit. Foto: IPSS
Liggaam spoel op Ballito-strand uit. Foto: IPSS

BALLITO, KWAZULU-NATAL. – ’n Liggaam het Dinsdag op die Zimbali-strand in Ballito uitgespoel.

Volgens IPSS Search and Rescue is die liggaam deur ’n verbyganger wat met sy hond op die strand gaan stap het, ontdek.

Na bewering blyk die liggaam dié van ’n man te wees, maar dit kan as gevolg van die gevorderde stadium van ontbinding nie bevestig word nie.

IPPS Search and Rescue, saam met die SAPD, het die liggaam van die strand verwyder. Die omstandighede rondom die slagoffer se dood sal deel van die polisie-ondersoek vorm.

Bronne: IPSS Search and Rescue, Facebook