Brekende Nuus
Afrikaans

Vrou wat voor vragmotor kniel kritiek beseer

'n Vrou wat volgens paramedici voor 'n aankomende vragmotor gekniel het om glo selfdood te pleeg, is kritiek beseer.

Foto's: ALS Paramedics
Foto's: ALS Paramedics

KWAZULU-NATAL. – ‘n Vrou, vermoedelik in haar 30’s, is kritiek beseer nadat sy Dinsdagoggend omstreeks 11:00 op die N2-hoofsnelweg naby die Inanda-pad voor ‘n aankomende vragmotor gekniel en getref is.

Volgens Garrith Jamieson van ALS Paramedics wou die vrou glo haar eie lewe neem en het in die pad gekniel. Die vragmotor het haar getref en nog ‘n vragmotor het agter in die betrokke vragmotor vasgery.

Jamieson sê paramedici het die kritiek beseerde vrou onder die vragmotor aangetref. Sy is gestabiliseer voordat sy vir verdere mediese behandeling na ‘n nabygeleë hospitaal in Durban vervoer is.

Omstandighede van die ongeluk word deur die polisie en RTI (Road Traffic Information Unit), wat op die toneel was, ondersoek.