Brekende Nuus
Afrikaans

Mauritius laat passasierskip vasmeer na cholera-skrik

Die passasiers sou verlede Dinsdag die skip verlaat het, maar hulle was op pad na Madagaskar in Suid-Afrika opgehou.

Mauritius laat passasierskip vasmeer na cholera-skrik

fotokrediet: Canva
Mauritius laat passasierskip vasmeer na cholera-skrik fotokrediet: Canva

Lees ook: Mpumalanga- en KZN-gesondheidsministers gaan slagoffers van busongeluk besoek

MAURITIUS. – ’n Passasierskip is gister toegelaat om in Mauritius vas te meer na vasgestel is niemand aan boord het cholera nie.

Die passasiers sou verlede Dinsdag die skip verlaat het, maar hulle was op pad na Madagaskar in Suid-Afrika opgehou. Hulle is ook by Réunion weggewys, wat hulle verder vertraag het.

Hulle is daarna daarvan weerhou om in Mauritius vas te meer oor kommer dat van die passasiers cholera het. Altesaam 14 passasiers en een bemanningslid het diarree gehad. Hulle was in hulle kamers geïsoleer, maar die skip is steeds opgehou sodat toetse op die passasiers uitgevoer kon word.

Bronne: DW – South Africa, BBC, All Africa

Lees ook: Mpumalanga- en KZN-gesondheidsministers gaan slagoffers van busongeluk besoek