Brekende Nuus
Afrikaans

Vermeende kaper doodgeskiet en vuurwapens teruggekry

'n Vermeende kaper is gister tydens 'n jaagtog doodgeskiet, terwyl een in hegtenis geneem is en twee daarin kon slaag om op vlug te slaan.

Foto's: SAPD
Foto's: SAPD

GAUTENG. – ‘n Vermeende kaper is gister tydens ‘n jaagtog met die polisie en ‘n privaat sekuritetisdiens op die R550 by Suikerbosrand in Heidelberg doodgeskiet.

Volgens kol. Dimakatso Nevhuhulwi is drie persone in Tsakane gekaap, waarna die hoofwegpatrollie sowel as ‘n privaat sekuriteitsdiens reageer het. Die voertuig is op die R550 opgemerk en ‘n jaagtog het ontstaan.

Die verdagtes het die voertuig glo tot stilstand gebring, uitgespring en probeer weghardloop. Hulle het na bewering in die hardloop op die beamptes geskiet. Daar is teruggeskiet en een van die verdagtes is noodlottig gewond. Die polisie kon daarin slaag om nog ‘n verdagte in hegtenis te neem. Twee vuurwapens is op die toneel gevind.

Nevhuhulwi sê twee verdagtes het egter weggekom. Die verdagte wat in aanhouding is, sal vir kaping, poging tot moord en die besit van ‘n ongelisensieerde vuurwapen aangekla word.

Die ondersoek duur voort.