Brekende Nuus
Afrikaans

‘SA-soldaat skiet ander soldaat, pleeg selfdood’

'n Weermaglid wat in die DRK ontplooi is, het glo Donderdag eers 'n mede-soldaat geskiet en homself daarna om die lewe gebring.

Foto: Ter illustrasie Canva
Foto: Ter illustrasie Canva

NASIONAAL. – ‘n Soldaat wat in die Demokratiese Republiek die Kongo ontplooi is, het glo Donderdag eers ‘n mede-soldaat noodlottig gewond en homself daarna om die lewe gebring. Albei was deel van die Verenigde Nasies se ontplooiing in die DRK (Monusco).

Kol. Selinah Rawlins sê die soldaat het sy dienswapen gebruik. Die SANW het in samewerking met Monusco ‘n raad van ondersoek ingestel, om die insident en die omstandighede wat tot die twee lede se dood gelei het te ondersoek.

Die oorledenes se naasbestaandes is ingelig en hulle liggame sal mettertyd na Suid-Afrika gerepatrieer word.