Brekende Nuus
Afrikaans

Agt dood na tenkskip met suur naby Japan sink

Die Keoyoung Sun het naby Japan gesink kort na die personeel vir hulp per radio ontbied het.

Agt dood na tenkerskip vol suur sink naby Japan

fotokrediet: Skermgreep
Agt dood na tenkerskip vol suur sink naby Japan fotokrediet: Skermgreep

Lees ook: AKA-verdagtes in Eswatini vandag weer in hof

JAPAN. – Agt matrose is dood toe ‘n Suid-Koreanse tenkskip met akriliese suur naby Japan gesink het. Een persoon is met ligte beserings gekry en nog twee is vermis.

Die Keoyoung Sun het naby Japan gesink kort na die personeel vir hulp per radio ontbied het. Hulle was glo weens onstuimige weer geanker. Die tenkskip het 980 ton akriliese suur aan boord gehad.

Dit is onbekend wat die invloed van die suur op die oseaan sal wees, maar dit wek kommer.

Bronne: BBC, The Guardian, CBS News

Lees ook: AKA-verdagtes in Eswatini vandag weer in hof