Brekende Nuus
Afrikaans

Kyk: Bernice se nuwe lied ‘positief en hoopvol’

Een luisteraar is van mening: “Die 'song' maak my hart sommer vol hoop vir ons pragland.”

Kyk Bernice se nuwe lied “positief en hoopvol” Foto: Facebook
Kyk Bernice se nuwe lied “positief en hoopvol” Foto: Facebook

Bernice West het haar nuwe lied Hy Jy Jy vrygestel. Die lied se musiekvideo speel teen ’n wildplaasagtergrond af. Dit is duidelik dat sy eenheid onder ons land se inwoners met die lied wil bring.

Een luisteraar is van mening: “Die song maak my hart sommer vol hoop vir ons pragland.” Nog luisteraars beskryf die lied as hoopvol en positief.

“Dankie dat jy nie toelaat dat roem jou oorheers nie, en dat jy na God se stem luister,” het ’n aanhanger kommentaar gelewer.

Die lied is deur Inhoud Huis Musiek vervaardig en word deur Universal Music versprei.

Brone: Facebook, YouTube