Brekende Nuus
Afrikaans

Vervalste tabakprodukte van R2 m. gekonfiskeer

Vervalste sigarette en tabakprodukte ter waarde van ongeveer R2 m. is op Groblershoop gekonfiskeer.

Foto: SAPD
Foto: SAPD

NOORD-KAAP. – Vervalste tabakprodukte ter waarde van R2 m. is Maandag op Groblershoop gekonfiskeer.

Sers. Timothy Sam sê die Upington-grenspolisie, hoofwegpatrollie, departement van binnelandse sake en die SAID was by die klopjag op twee pakhuise betrokke.

Inligting oor vervalste sigarette en tabakprodukte by die pakhuise is opgevolg. Kartonne sigarette en Afzal-tabak met ‘n geskatte straatwaarde van R2 m. is gekonfiskeer. ‘n Navraag is geopen en die eienaars is met kennisgewings bedien om oorspronklike aankoop-dokumente te verskaf.