Brekende Nuus
Afrikaans

Polisie jag verdagtes van plaasaanval

Die polisie in die Oos-Kaap is op soek na drie gewapende verdagtes wat Dinsdag 'n plaasaanval in Somerset-Oos uitgevoer het.

Foto: Ter illustrasie Canva
Foto: Ter illustrasie Canva

OOS-KAAP. – ‘n Boer (79), sy meisie (46) en ‘n werker (32), is Dinsdag, omstreeks 10:30 op ‘n plaas in Somerset-Oos aangeval en met wapens beroof.

Kol. Priscilla Naidu sê die boer was besig om volstruise voor sy huis te voer toe een van sy werkers glo met drie verdagtes wat hom met ‘n wapen dreig by hom aangekom het. Hulle is na bewering die huis inforseer en hulle hande en voete vasgebind. Die boer se meisie is forseer om die kluis oop te sluit waaruit ‘n jaggeweer, .38-rewolwer en geld gesteel is. Hierna het die verdagtes met twee televisiestelle en twee selfone in die boer se Isuzu-dubbelkajuitbakkie gevlug.

Die bakkie en verdagtes word steeds gesoek.

Naidu sê Gqeberha se provinsiale eenheid vir ernstige en geweldsmisdade ondersoek ‘n saak van huisroof.