KWAZULU-NATAL. – ‘n Vrou (40) is Saterdag op besoek in Fairbreeze, Tongaat in Noodsbergstraat deur ‘n voertuig getref, waarna sy gesterf het.
Reaction Unit South Africa sê die voertuig wat die vrou gestamp het, het teen ‘n hoë spoed gery. Oproepe vir hulp is omstreeks 13:45 van verskeie motoriste ontvang. Met aankoms op die toneel is die vrou dood verklaar.
Die bestuurder van die voertuig het gevlug voordat reaksiebeamptes op die toneel opgedaag het. Rusa sê dele van die voertuig is op die toneel gevind maar die foto’s word weerhou.
Die polisie was op die toneel teenwoordig.
Kry jou nuutste nuus elke oggend per e-pos. Teken hier aan: