NOORD-KAAP. – Drie verdagtes wat beskuldig word dat hulle met noodsaaklike infrastruktuur gepeuter het, is Donderdag in Kimberley in hegtenis geneem.
Sers. Timothy Sam sê die span vir ernstige georganiseerde misdaadondersoeke het inligting opgevolg van drie werknemers van ‘n subkontrakteur wat die substasie in North Circularstraat binnegegaan en agt batterye verwyder het.
Die verdagtes is in hegtenis geneem nadat die gesteelde batterye by ‘n huis in Mogulpark gevind is.
Lt.genl. Koliswa Otola het die lede vir hulle vinnige optrede geprys. Die verdagtes sal in die Kimberley-landdroshof verskyn.
Kry jou nuutste nuus elke oggend per e-pos. Teken hier aan: