Brekende Nuus
Afrikaans

Bejaarde egpaar op plaas vermoor

Foto: Ter illustrasie Canva
Foto: Ter illustrasie Canva

VRYSTAAT. – ‘n Man (76) en sy vrou (73) is Saterdag vermoor op hulle plaas naby Glen deur die polisie ontdek nadat ‘n buurman hulle nie op hul selfone kon bereik nie.

Sers. Mahlomola Kareli sê die bekommerde buurman het die polisie gebel.

Die plaashuis se deure was oop. Die vloere was bebloed en die huis was geplunder. Die egpaar was egter nie in die huis nie. ‘n Mannejag is dadelik deur die nag geloods om die egpaar en die verdagtes op te spoor.

Die man se liggaam is ongeveer 300 meter van die huis gevind en sy vrou se liggaam in die septiese tenk. Hulle het oop wonde aan hulle bolywe gehad en is op die toneel dood verklaar.

Gereedskap en elektroniese items is uit die huis gesteel. Die oorlede egpaar se Toyota Land Cruiser is naby Brandfort gevind.

Die Glen-polisie ondersoek sake van huisroof en moord.

Enigiemand met inligting kan kol. Ben Bolsiek by 082 466 8530 bel.