Brekende Nuus
Afrikaans

Donald Trump-saak oor dokumente uitgestel

Donald Trump-saak oor dokumente uitgestel
fotokrediet: Facebook
Donald Trump-saak oor dokumente uitgestel fotokrediet: Facebook

Lees ook: Donald Trump kan aangekla word van minagting van die hof na kommentaar op sosiale media

VSA. – Die regter in die saak teen Donald Trump aangaande die wanhantering van geklassifiseerde dokumente het die saak onbepaald uitgestel.

Trump sou 20 Mei verhoor word in die saak, maar die regter, Aileen Cannon, het gesê dit sal nie moontlik wees nie oor al die voorverhoormosies in die hof.

Cannon, wat deur Trump aangestel is as regter, het nie ‘n nuwe datum vir die saak gegee nie. Dit is waarskynlik dat die saak nie voor die presidensiële verkiesing in November sal voorkom nie.

Bronne: DW – South Africa, NBC News , USA Today

Lees ook: Donald Trump kan aangekla word van minagting van die hof na kommentaar op sosiale media