LIMPOPO. – ’n Baie gelukkige winkelassistent van Limpopo het die boerpot van R16. m. in 4 Mei se nasionale lotery gewen.
Die wenner was ’n winkelassistent by ’n plaaslike groente-en-vrugtewinkel.
Sy het al ses nommers reg gehad. Haar wen het haar slegs R10 se quik-pick op haar Capitec -banktoepassing uit die sak gejaag.
Haar plan is om ’n groot huis vir haar gesin te bou, aangesien dit nog altyd ’n droom was.
Bronne: National Lottery SA, IOL, X
Kry jou nuutste nuus elke oggend per e-pos. Teken hier aan: