BRANDFORT, VRYSTAAT. – ’n Seun(11) van WSM Malothe Primay School is na bewering Woensdagmiddag naby sy huis op Brandfort deur ’n mede-leerder (9) doodgesteek.
Kamogelo Leepile is glo drie keer deur die negejarige van die naburige Monamodi Primary School gesteek.
Volgens Howard Ndaba, woordvoerder van die Vrystaatse onderwysdepartement, het die verdagte voorheen gekla dat hy deur Kamogelo en sy broer geboelie word. Die verdagte is Donderdagoggend in polisieaanhouding geneem terwyl ondersoek ingestel word.
Verskeie leerders het glo die voorval sien plaasvind. Kamogelo het op die toneel aan sy wonde beswyk.
Beraders is na beide laerskole gestuur om ondersteuning aan die leerders en onderwysers te bied.
Bronne: DBE, Sunday World, OFM
Kry jou nuutste nuus elke oggend per e-pos. Teken hier aan: