NOORD-KAAP. – Letsekang Zwelifile (42) is ‘n persoon van belang wat die Paballelo-polisie met ‘n moordsaak kan bystaan. Die polisie vra hulp om hom op te spoor.
Lt.kol. Sergio Kock sê Zwelifile kan moontlik met inligting help. Botlabosele Elizabeth Mafeto (31) is op 8 Junie met steekwonde dood in haar huis aangetref. Die polisie is nog op soek na verdagtes in die moordsaak.
Enigiemand wat weet waar die pesoon van belang hom tans bevind, kan speur.konst. Andy Mona by 082 469 5824 bel. Alle inligting sal vertroulik hanteer word.
Kry jou nuutste nuus elke oggend per e-pos. Teken hier aan: