Die gewilde radio-DJ Mark Pilgrim (53) het op Oujaarsaand sy lewensmaat, Adrienne Watkins, gevra om te trou.
Die mediapersoonlikheid het sy verlowing op sy sosialemediarekeninge aangekondig met ‘n foto waarin gesien word hoe hy ‘n ring na ‘n verbaasde Watkins uithou.
“Ek is lief vir jou my Adrienne,” skryf Mark by die foto.
Watkins het Pilgrim die afgelope ses maande ondersteun sedert hy in Junie 2022 met stadium 4-longkanker gediagnoseer is.
Pilgrim is vroeër die week uit die hospitaal ontslaan ná 64 dae wat verskeie mediese prosedures ingesluit het wat daartoe gelei het dat hy 15 kg verloor het.
Kry jou nuutste nuus elke oggend per e-pos. Teken hier aan: