Die Turkse ambassade in Pretoria het op sosiale media hul dank teenoor die Suid-Afrikaanse K9-hanteerders en hul honde uitgespreek wat ná die aardbewing in die rampgeteisterde gebiede van hul land gaan help het. Die Suid-Afrikaanse span was gemoeid met soek-en-reddingsoperasies.
Die dankbetuiging is tydens ‘n besoek van ambassadepersoneel aan die honde-eenheid gemaak. Dit lyk volgens die foto’s asof die K9’s met eetgoed bederf is.
Intussen is Turkye vir ‘n derde keer deur aardbewings geruk.
“Grateful to life saver and brave paws, Akko-Rio, Jaro, Optimus, Dona en Aida,” lees die plasing.
Kry jou nuutste nuus elke oggend per e-pos. Teken hier aan: