Brekende Nuus
Afrikaans

KYK: Voertuig ry in hospitaal se restaurant in – agt beseer

'n Voertuig met 'n bestuurder en passasier het Dinsdagmiddag in die Cape Gate Medicilinic se restaurant ingery, wat agt persone beseer het.

Voertuig ry in hospitaal se restaurant in, agt persone beseer
Foto: Skermgreep van video WC Live Traffic & Safety Reports

WES-KAAP. – ‘n Bestuurder en haar passasier het Dinsdagmiddag omstreeks 13:00 met haar voertuig in die Cape Gate Mediclinic-hospitaal in Brackenfell se restaurant ingery.

Altesaam agt persone is agterna vir beserings by die hospitaal behandel. Die vroulike bestuurder van die motorvoertuig en passasier, haar man, het ook beserings opgedoen.

Kapt. Frederick van Wyk sê omstandighede wat daartoe gelei het dat die bestuurder beheer oor die motor verloor en deur die hospitaalvenster gery het, word ondersoek. ‘n Ongeluksverslag is geregistreer.

In kommentaar op die WC Live Traffic en Safety Reports word daar gesê ‘n hartaanval het vermoedelik die ongeluk veroorsaak, maar dit is nie bevestig nie.

Bronne: SAPD en WC Live Traffic en Safety Reports