Die sangeres Charlize Berg se tweelingbroer, Jaco van der Berg, word vermis nadat hy Saterdagaand uit die Aloe Valley Wellness Manor-rehabilitasiesentrum in Hartbeespoort verdwyn het.
Volgens ’n plasing deur Berg is die familie bekommerd oor sy veiligheid. Hulle doen ’n beroep op die publiek om die inligting wyd te deel in ’n poging om hom op te spoor.
“Hy het geen skoene aangehad nie en was in ’n psigotiese toestand, daarom is ons baie bekommerd oor sy veiligheid. Deel asseblief hierdie plasing so wyd as moontlik. Elke deel kan help om Jaco veilig terug te bring huis toe.”
Enigiemand met inligting oor waar Jaco hom bevind, kan Petrus by 072 742 4104 bel.
Kry jou nuutste nuus elke oggend per e-pos. Teken hier aan: