Aardbewings tref Ethiopië

Lees ook :

Aardbewings tref Ethiopië fotokrediet: Skermgreep

Lees ook: Vulkaan in Ethiopië wys tekens van moontlike uitbarsting

Aardbewings tref Ethiopië

ETHIOPIЁ. – Verskeie aardbewings het gister Ethiopië getref met die grootste een wat 5.5 meet op die Richterskaal. Volgens The EastAfrican was daar tien aardbewings in die omgewing naby die vulkaan in die laaste 24 uur wat meet vanaf 4.1 tot 5.5 op die Richterskaal.

Daar is verskeie berigte dat die Mount Dofan-vulkaan uitgebars het terwyl sommige berigte beweer daar was slegs rook. Mense en diere is uit die gebied ontruim vir hulle eie veiligheid.

Daar is sover geen beserings aangemeld nie.

Volgens die Ethiopian Geological Institute is rook en stof gesien wat by die vulkaan uitkom. Daar was kommer oor die vulkaan na verskeie aardbewings die omgewing getref het die afgelope paar maande.

Volgens die US Geological Survey is daar sedert September meer as 67 aardbewings in die omgewing opgetel.

Bronne: eNCA, DW – South Africa, The EastAfrican, Facebook

Lees ook: Vulkaan in Ethiopië wys tekens van moontlike uitbarsting

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief