AfriForum berei voor vir klagtes teen Malema en Shivambu, DA vra oor aanklagte van 2018

Lees ook :

Foto: AfriForum

AfriForum, die burgerregteorganisasie, sê daar is Vrydagoggend aan sy regspan opdrag gegee om aanklagte teen Julius Malema en Floyd Shivambu te formuleer. Die DA soek antwoorde op aanklagte van 2018.

Dit sluit aanklagte van korrupsie, bedrog en geldwassery in. Adv. Gerrie Nel en sy eenheid sal die saak monitor.

Kallie Kriel, die uitvoerende hoof van die organisasie, sê egter: “Sou die staat egter versuim om Malema en Shivambu te vervolg, sal AfriForum privaat vervolging as alternatief oorweeg.”

Dit spruit voort uit ‘n verklaring wat Tshifhiwa Matodzi, die voormalige voorsitter van VBS Mutual Bank, gemaak het. Uit die verklaring wat in die media uitgelek het, lyk dit asof Malema en Shivambu privaat voordeel uit miljoene rande gehad het. AfriForum voel met die verklaring kan ‘n bewaringsbevel reeds teen die twee se bates gebring word.

Baxolile Nodada, MP van die DA, sê die party het vir Ian Cameron, die voorsitter van die porteuljekommitee van die polisie, geskryf en vir antwoorde gevra. Die party het gedurende 2018 aanklagte teen Malema en Shivambu oor VBS gelê. Nodada sê dit is duidelik uit die uitgelekte verklaring dat ‘n prima facie-saak teen die twee bestaan.

Nuusflits het soos volg oor Matodzi berig:

Tshifiwa Matodzi (47), die voormalige voorsitter van die ontbinde VBS Mutual Bank en meesterbrein agter die ineenstorting daarvan, is tot 495 jaar tronkstraf gevonnis. Matodzi sal 15 jaar in die tronk deurbring.

Die ineenstorting was as gevolg van ‘n verlies van meer as R2.2 bn. deur onwettige aksies.

Kol. Katlego Mogale, woordvoerder vir die Valke, sê Matodzi het op 33 aanklagte van korrupsie, diefstal, bedrog, geldwassery en rampokkery skuldig gepleit. Matodzi het ‘n pleitooreenkoms met die staat aangegaan waarvolgens hy tot 495 jaar gevonnis is. Dit is 15 jaar tronkstraf op elk van die 33 aanklagte.

Die hof het egter beveel die vonnisse vir aanklagte 2 tot 33 moet gelyktydig met dié van aanklag 1 uitgedien word. Matodzi sal slegs 15 jaar in die tronk uitdien. Hy is ook onbevoeg verklaar om ‘n vuurwapen te besit.

Lees AfriForum se volledige verklaring oor die aangeleentheid hier onder:

AfriForum maak gereed om klagtes van korrupsie, bedrog en geldwassery teen Malema en Shivambu te lê

Die burgerregteorganisasie AfriForum het sy regspan vanoggend opdrag gegee om klagtes van korrupsie, bedrog en geldwassery teen die EFF-leiers, Julius Malema en Floyd Shivambu, te formuleer. Dié klagtes sal binnekort by die polisie gelê word.

AfriForum het ook vir adv. Gerrie Nel en sy span by AfriForum se privaatvervolgingseenheid versoek om die saak te monitor en druk op die vervolgingsproses te plaas indien dit sou blyk dat die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) voete sleep. “Sou die staat egter versuim om Malema en Shivambu te vervolg, sal AfriForum privaat vervolging as alternatief oorweeg,” benadruk Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum.

Dit volg in reaksie op onthullings wat die voormalige voorsitter van VBS Mutual Bank, Tshifhiwa Matodzi, vandeesweek as deel van sy pleitooreenkoms in ’n omvangryke verklaring gemaak het. Matodzi het skuldig gepleit op 33 klagtes van onder meer korrupsie, diefstal en geldwassery, en voer nou aan dat die EFF sedert 2017 maandelikse donasies en ’n sogenaamde besigheidslening ten bedrae van miljoene rand deur ’n frontmaatskappy, Sgameka Projects, van VBS ontvang het. Dit blyk dat ’n bedrag van R5 miljoen oorspronklik oorbetaal is, waarna maandelikse donasies van R1 miljoen en ’n R4 miljoen-lening gevolg het. Matodzi se verklaring dui daarop dat dié geld as omkoopgeld aan die EFF betaal is, maar dat Malema en Shivambu veral in hul persoonlike hoedanigheid voordeel getrek het by dié transaksies. 

AfriForum voer aan dat Matodzi se verklaring voldoende gronde vir die NVG daarstel om ’n bewaringsbevel op Malema en Shivambu se bates te bekom.

“Die staat se versuim om Malema vir sy aandeel in die On Point Engineering-korrupsiesaak te vervolg, het skynbaar by hom die indruk geskep dat hy onaantasbaar is en bloot sy betrokkenheid by beweerde korrupte bedrywighede kan voortsit. Dit is daarom belangrik dat Malema en Shivambu vir die VBS-plundering vervolg word om ’n baie duidelike boodskap uit te stuur dat niemand bo die reg verhewe is nie,” sluit Kriel af.

Lees die DA se verklaring oor dieselfde aangeleentheid hier onder:

Six years after the DA laid criminal charges against the EFF’s Floyd Shivambu and Julius Malema over allegations of corruption and industrial scale looting of the now defunct VBS bank, SAPS has failed to provide any updates on the status of their investigations. For this reason, the DA has taken a decision to refer SAPS’s inaction to the Police Portfolio Committee for oversight.

We have written to the Police Portfolio Committee Chair, Ian Cameron, requesting that he summons SAPS to appear before the committee and explain why there has been no progress into the charges that were laid against Malema and Shivambu in 2018 over VBS.

SAPS has dragged its feet on this issue and by doing so, allowed the serious allegations of corruption against Shivambu and Malema to go untested. The police service is supposed to conduct itself without fear or favor but its silence on this issue is sending the wrong message in the fight against corruption and embezzlement.

The witness statement provided by Tshifhiwa Matodzi, the man at the center of the VBS scandal, shows that there is prima facie evidence that Shivambu and Malema took part in a brazen plot to defraud VBS bank and its vulnerable clients for self-enrichment purposes. They are alleged to have gone out of their way to not only defraud VBS bank but to use the proceeds obtained therewith to fund their lavish lifestyles and procure properties. This brazen theft left in its wake a trail of destruction as senior citizens lost their pensions and bank clients their savings.

As public representatives, Members of Parliament should conduct themselves with integrity and ethical probity. The fact that Shivambu and Malema used their party, the EFF, as a leverage for corrupt rent seeking purposes at VBS has significant bearing on the credibility of Parliament and its standing as a law-making institution.

We cannot allow the trust deficit between South Africans and this institution to widen because of those who do not conduct themselves with integrity.

As a party for the rule of law, the DA remains focused on our commitment to fight corruption and holding public office holders to the highest level of ethical conduct. Corruption is not a victimless crime – vulnerable members of society are left destitute and forced to contend with abject poverty.

In light of the serious allegations raised in the VBS matter, it is imperative that the alleged corruption that took place is rigorously investigated and those responsible are held accountable to the fullest extent of the law.

For this reason, we call on the Parliament Portfolio Committee on Police to use its oversight function to get to the bottom of why SAPS has failed to conclude its investigations on the charges that were laid by the DA in 2018. Public representatives must not hide behind the cloak of Parliament when there are serious allegations of corruption hanging over their heads.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief