Alexi Bizos stewige vonnis vir aanranding opgelê

Lees ook :

Foto: AfriForum Privaatvervolgingseenheid

GAUTENG. – Alexi Bizos (63) is ‘n massiewe boete van R100 000 of 12 maande gevangenisstraf deur die Johannesburg-landdroshof opgelê. Bizos sal ook vir ses maande gemeenskapsdiens van 20 uur per maand by skuilings vir mishandelde vroue diens doen.

Barry Bateman, woordvoerder vir AfriForum se privaatvervolgingseenheid, sê in ‘n verklaring Monique van Oosterhout, Bizos se gewese vrou, is gedurende 2015, toe hulle steeds getroud was, herhaaldelik deur hom geslaan, wat haar ribbes gebreek het. Sy is ook teen ‘n boekrak vasgestamp. Die privaatvervolgingseenheid onder leiding van adv. Gerrie Nel het Van Oosterhout in die saak verteenwoordig. Dit volg nadat die NVG geweier het om Bizos te vervolg. Van Oosterhout het die privaatvervolgingseenheid in 2018 genader om Bizos privaat te laat vervolg. Dit was die eerste saak wat die eenheid na sy totstandkoming aangepak het.

Landdros Tshepo Twala het Bizos, seun van wyle George Bizos, menseregte-advokaat, gevonnis. Twala het tydens vonnisoplegging voorgehou Bizos het geen berou vir sy dade getoon nie. Die eenheid het voorts vir ‘n kostebevel teen Bizos en die NVG aansoek gedoen, wat vir uitspraak tot 28 Maart uitgestel is.

Van Oosterhout het die privaatvervolgingseenheid vir die bystand bedank en ander vroue aangemoedig om vir hulleself op te staan.

Lees die volledige verklaring van AfriForum se privaatvervolgingseenheid hier.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief