KWAZULU-NATAL. – Twee bemanningslede van ‘n Midlands EMS-ambulans is Maandag in wat as ‘n fratsongeluk beskryf is, beseer.
Midlands EMS sê twee lede is beseer. Een van die lede wat in ‘n voertuigwrak vasgekeer was, het dringende gevorderde lewensondersteunende sorg nodig gehad. Beide bemanningslede is in ‘n hospitaal en die diens hoop hulle herstel ten volle.
Die diens sê ambulanspersoneel plaas met elke oproep hul eie lewens in gevaar om ander te help en Maandag het die onverwagte met twee van hulle eie lede gebeur.
Hulle bedank die publiek vir hulle ondersteuning.





