Amptelike soektog na nuwe James Bond aangekondig

Lees ook :

Foto: BBC News - Daniel Craig as James Bond

Ná jare van afwagting en spekulasie oor wie by Daniel Craig as 007 gaan oorneem, het die rolverdelingsproses vir die nuwe James Bond amptelik begin.

“Die soektog na die volgende James Bond is aan die gang,” het Amazon MGM Studios in ’n verklaring gesê.

Verskeie oudisies het reeds die afgelope paar weke plaasgevind, volgens ’n verklaring wat deur die Hollywood-publikasie Variety uitgereik is. Die verklaring dui verder daarop dat die lang wagtyd vir ’n nuwe James Bond-film nou einde se kant toe staan.

“Hoewel ons nie van plan is om tydens die rolverdelingsproses kommentaar oor spesifieke besonderhede te lewer nie, sien ons daarna uit om meer nuus met 007-aanhangers te deel wanneer die tyd reg is,” het Amazon bygevoeg.

Die vrystelling van No Time to Die was Daniel Craig se laaste rolprent as die beroemde spioen. Dit was vyf jaar gelede.

Amazon MGM Studios het 15 maande gelede beheer oor die James Bond-franchise oorgeneem.

Die ateljee het verder aangekondig dat die volgende rolprent geregisseer sal word deur Denis Villeneuve, bekend vir Dune, terwyl die draaiboek geskryf sal word deur Steven Knight, die skepper van Peaky Blinders.

Bron: BBC News, Sky News

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief