Die goewerneur van Texas, Greg Abbott, het ‘n nuwe wet onderteken wat Apple en Google sal verplig om kinders op hul toep-winkels beter te beskerm.
Apple is nie tevrede met die nuwe wet nie. Hulle sê dit sal te veel persoonlike inligting van alle gebruikers versamel, selfs van mense wat net eenvoudige programme soos weer- of sporttoepassings gebruik. Google het nog nie gereageer nie.
Dié wet vereis dat gebruikers hulle ouderdom moet verifieer. Dit plaas die tweede mees bevolkte staat in die VSA in die middel van ’n debat oor of en hoe slimfoongebruik onder kinders en tieners gereguleer moet word.
Die wet, wat op 1 Januarie in werking getree het, vereis ouerlike toestemming om toepassings af te laai of aankope binne ’n toepassing te doen vir gebruikers onder die ouderdom van 18. Utah was vroeër vanjaar die eerste Amerikaanse deelstaat wat ’n soortgelyke wet aanvaar het en Amerikaanse wetgewers het intussen ook ’n federale wetsontwerp voorgestel.
Texas het al voorheen tegnologiemaatskappye gereguleer. In 2021 het hulle ‘n wet aangeneem wat sosiale media verbied het om mense te verban net oor hul politieke menings.
Bron: BBC