Athol Fugard sterf op 92

Lees ook :

Foto: Vriende van NALN

Athol Fugard (92), wêreldbekende Suid-Afrikaanse dramaturg, akteur en regisseur, het Saterdagaand by sy huis in Stellenbosch gesterf.

Volgens Vriende van NALN, die Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum, is Fugard internasionaal vir Suid-Afrikaanse Engelse dramas erken. Van Fugard se werk is wêreldwyd opgevoer en sommige is in Afrikaans vertaal. Van sy werk sluit Boesman en Lena, Tsotsi, Road to Mecca en My children! My Africa! in. Meer as een van sy dramas is vir die silwerdoek verwerk.

Fugard is op Middelburg, in die Kaapprovinsie, in ‘n tweetalige huis gebore. Hy het gedurende sy jare in die vermaaklikheidsbedryf verskeie toekennings ontvang. Dit sluit ‘n Tony vir sy lewenswerk in New York, ‘n Oscar vir Tsotsi, verering by die KKNK en ‘n burgerlike eerbewys van die Stad Kaapstad in. Fugard is deur menige as Suid-Afrika se grootste dramaturg beskou.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief