VRYSTAAT. – Atletiek SA (ASA) het Steven Swarts, die president van Atletiek Vrystaat, en die stiefpa en afrigter van Wayde van Niekerk, Donderdag geskors.
Lees ook: Nog ’n ramptoestand in SA verklaar
Dit terwyl ‘n dissiplinêre ondersoek aan die gang is ná Swarts in 2020 skuldig bevind is aan die seksuele aanranding van ‘n vroulike atleet en ‘n opgeskorte vonnis opgelê is.
Die ondersoek is ingestel nadat hy as die president van Atletiek Vrystaat gekies is na die lede glo mislei is oor die seksuele aanranding en uitkoms van die saak. Na lede daarvan uitgevind het, het hulle Swarts uit sy pos probeer stem met ‘n mosie van wantroue, maar hy het hulle geskors om dit te keer.
Bronne: Athletics South Africa
Lees ook: Nog ’n ramptoestand in SA verklaar