Atletiek SA skors Steven Swarts terwyl dissiplinêre ondersoek aan die gang is

Lees ook :

Athletics South Africa skors Steven Swarts terwyl dissiplinêre ondersoek aan die gang is fotokrediet: Canva

VRYSTAAT. – Atletiek SA (ASA) het Steven Swarts, die president van Atletiek Vrystaat, en die stiefpa en afrigter van Wayde van Niekerk, Donderdag geskors.

Lees ook: Nog ’n ramptoestand in SA verklaar

Dit terwyl ‘n dissiplinêre ondersoek aan die gang is ná Swarts in 2020 skuldig bevind is aan die seksuele aanranding van ‘n vroulike atleet en ‘n opgeskorte vonnis opgelê is.

Die ondersoek is ingestel nadat hy as die president van Atletiek Vrystaat gekies is na die lede glo mislei is oor die seksuele aanranding en uitkoms van die saak. Na lede daarvan uitgevind het, het hulle Swarts uit sy pos probeer stem met ‘n mosie van wantroue, maar hy het hulle geskors om dit te keer.

Bronne: Athletics South Africa

Lees ook: Nog ’n ramptoestand in SA verklaar

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief