Baba sterf in sorg van ouer sib met ma dae lank weg

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

LIMPOPO. – ‘n Ses maande oue baba het Saterdag in die sorg van ‘n 12-jarige-sib gesterf. Die ma van die kinders was glo sedert Donderdag reeds weg, na bewering om te drink.

Kol. Malesela Ledwaba sê Apel-polisie is Saterdag omstreeks 23:00 na ‘n klagte in Atok-woonbuurt in die Sekhukhune-distrik waar op die lewelose liggaam van die baba afgekom is. Die ma het die baba glo reeds omstreeks 09:00 Donderagoggend in die sorg van die sib gelos.

Ledwaba sê ‘n vrou (23) is intussen vir kinderverwaarlosing in hegtenis geneem. Lt.genl. Thembi Hadebe het die insident sterk veroordeel. Die verdagte verskyn vandag op aanklagte in die Sekhukhune-landdroshof.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief