Beendere aan boom vasgemaak, ontdek

Lees ook :

Foto: Reaction Unit South Africa

KWAZULU-NATAL. – Beendere van ‘n volwasse skelet is Vrydag naby Gandhi Luthuli Peace Park in Phoenix aan ‘n boom vasgemaak, ontdek.

Reaction Unit South African (Rusa) sê ‘n oproep is van ‘n gemeenskapslid ontvang nadat ‘n skrootversamelaar die ontdekking in ‘n digbeboste afgesonderde gebied oorkant ‘n stroom gemaak het.

Die reaksiebeamptes het ‘n pad in die bos gemaak en die liggaam in ‘n knielende posisie aan ‘n boom vasgebind gevind. ‘n Verbleikte blou hoodie, blou trui en ‘n swart-en-grys gestreepte T-hemp het die ligggaam bedek. ‘n Swart broek is ook op die toneel gevind.

Rusa sê dit is onbekend wat die geslag of ras van die oorledene is.

Nuusflits het polisiekommentaar gevra.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief