Brekende Nuus
Afrikaans

Bejaarde egpaar steeds soek

Daar is geen spoor van die twee mense ni.

Tony en Jill Dinus
Foto: Delwyn Foster

MOOIRIVER, KZN. – Tony Dinus (80) en sy vrou, Jill Dinus (75) word sedert Sondag 27 Augustus van hulle huis op Middlerus vermis.

Kevin Taylor sê aan Nuusflits daar is geen nuwe verwikkelinge in die soektog nie.

Die bejaarde egpaar is by Mooiriver-polisiestasie as vermis aangemeld en sedertdien word daar na hulle gesoek.

Hulle voertuig was steeds by die huis, wat gesluit was.

Indien enigiemand weet waar hulle hulle bevind, kan Mooiriver-polisiestasie by 033 263 7619 geskakel word. Alternatiewelik kan Kevin Taylor by 082 424 9437 gebel word of Missing Children South Africa by 072 647 7464.