Brekende Nuus
Afrikaans

Bejaarde man slaan glo vriend oor geld dood

Foto: CERT
Foto: CERT

GAUTENG. – ‘n Bejaarde man (61) is in hegtenis geneem nadat hy glo Dinsdagaand ‘n vriend (62) op plot 108 in Danie Bezuidenhoutstraat in Kookrus naby die treinspoor doodgeslaan het.

Konst. Tlaleng Moloi sê die beskuldigde is op die toneel in hegtenis geneem. Met aankoms van die polisie en paramedici is die man wat op sy rug gelê het, dood verklaar.

Na bewering het ‘n argument oor geld ontstaan waartydens die oorledene die verdagte geslaan het. Die verdagte het glo na sy kamer gegaan en ‘n stok gaan haal waarmee hy die oorledene geslaan het.

Die verdagte sal na verwagting binnekort in die hof verskyn.

Lt.kol. Johan de Winnaar, die waarnemende stasiebevelvoerder van Meyerton-polisie, versoek die gemeenskap om nie probleme met geweld op te los nie. Hy sê die roete sonder geweld kan partykeer moeiliker wees, maar deur intelligent aan ‘n oplossing te dink, kan ‘n persoon uit die moeilikheid bly.

CERT se Vaal-bemanning was op die misdaadtoneel en het die oorledene wat aangerand is, dood verklaar.

Die toneel is aan die polisie oorhandig wat ‘n moord ondersoek.

CERT het die GPF, The Beast Security en die Meyerton-polisie vir bystand op die toneel bedank.