Bejaarde sterf ná hy in die see val

Lees ook :

Foto: Mosselbaai Munisipaliteit

WES-KAAP. – ‘n Plaaslike man (79) het gesterf nadat hy Maandagmiddag by Die Punt in Mosselbaai van ‘n rots in die see geval het.

Craig Lambinon, NSRI-woordvoerder, sê volgens Michelle Roos van NSRI-Mosselbaai is reddingspanne kort voor 17:00 ontbied ná ooggetuies gesien het hoe die man in die water beland het. Reddingswemmers het hulle dadelik na die toneel gehaas, terwyl ander NSRI-lede by Stasie 15 gereed gemaak het om bote te lanseer. Verskeie nooddienste, insluitend brand- en reddingsdienste, die polisie en paramedici was ook op die toneel teenwoordig. ’n Plaaslike inwoner het intussen die water ingegaan en daarin geslaag om die man na die strand te bring. Omstanders het reeds begin met KPR voordat reddingspanne oorgeneem het. Ondanks pogings om hom te red, is die man op die toneel dood verklaar. Die polisie het ‘n geregtelike doodsondersoek geopen en die liggaam is aan forensiese patologiese dienste oorhandig.

Meegevoel word met die familie van die oorledene gedeel. Die NSRI het ook die persoon wat ingegryp het vir sy vinnige optrede geprys.

Chris Pietie Barnard, het op die Mossel Bay Advertiser se berig van die voorval kommentaar gelewer waar hy as die weldoener geïdentifseer is. “Nie die uitweg wat mens wil hê nie, maar het my beste probeer!! Dankie ook aan almal wat my bygestaan het en probeer help het waar julle kon, ek waardeer dit uit my hart uit.” EMS Chaplaincy Page het gratis trauma-berading aangebied.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief