Bejaarde vrou doodgekap, buitelander in aanhouding

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

LIMPOPO. – ‘n Vrou (74) is Sondagmiddag in wat die polisie as ‘n brutale aanval beskryf, in haar huis in Mahwelering, Sone 2, doodgekap. ‘n Buitelander (40) is op aanklag van moord in hegtenis geneem.

Brig. Hlulani Mashaba sê bekommerde bure het gehoor iets gaan aan en is na die huis van die bejaarde om te help. Die oorledene is in die huis gevind waar sy met ‘n tou vasgebind is. Sy het verskeie steekwonde gehad, waarna die polisie en nooddienste dadelik ontbied is.

“Met aankoms op die toneel het paramedici die 74-jarige slagoffer dood verklaar.”

Mashaba sê plaaslike speurders het vinnig die verdagte geïdentifiseer en in hegtenis geneem.

Die ondersoek duur voort om die omstandighede van die misdaad te ontbloot.

“Die verdagte wat in die omgewing woon, is tans in aanhouding en sal na verwagting vandag op aanklag van moord in die Mahwelereng-landdroshof voorkom.”

*Vorige foto is verkeerdelik saam met die berig gebruik.*

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief