Bejaarde vrou tydens huisroof aangerand

Lees ook :

Foto: SWIFT Private Security

KWAZULU-NATAL. – ‘n Bejaarde vrou is verlede Donderdag tydens ‘n huisroof aangerand. Sy en haar huiswerker is by haar huis in Deepdalerylaan, Avoca oorval.

Swift Private Security het oproepe van ‘n huisroof ontvang. Met aankoms is aan reaksiebeamptes verduidelik vier gewapende verdagtes het in ‘n grys VW Polo opgedaag, die eiendom binnegegaan en die huis geplunder. Die booswigte het met juwele en ander besittings van die toneel gevlug.

‘n Reaksiebeampte van ‘n ander maatskappy het tydens die huisroof opgedaag en die verdagtes gekonfronteer, waarna hy ook beseer is en sy vuurwapen en ander besittings gesteel is.

‘n Ambulans is ontbied om die bejaarde vrou en sekuriteitsbeampte te behandel. Berading is vir die familie gereël.

Greewood Park-polisie ondersoek die voorval.

Bron: Swift Private Security

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief