Lees ook: Verdagte in Maddie McCann-saak kan tot 15 j. tronkstraf in onverwante verhoor kry
LOUISIANA, VSA. – ’n Bekende TikTokker bekend as Mr. Prada 456 is in hegtenis geneem vir die moord op ’n terapeut ná bloed van die slagoffer in sy woonstel gevind is.
Terryon Thomas (20) is aangekla van moord en dwarsboming van die gereg in verband met die moord op William Nicholas Abraham (69).
Abraham se liggaam is op 29 September langs ’n hoofweg gevind, toegedraai in ’n seil. Thomas is in hegtenis geneem na hy gesien is waar hy met Abraham se voertuig ry en hy probeer vlug het.
‘n Soektog deur Thomas se woonstel het bloed en verskeie skerp voorwerpe en wapens opgelewer.
Abraham is ook op video gesien waar hy op 28 September by Thomas se woonstel aankom. Getuies het gesien Thomas het later iets in ’n seil toegedraai by die woonstel se trappe afgesleep ure na Abraham laas lewend gesien is.
Bronne: PEOPLE, Sky News, ABC News
Lees ook: Verdagte in Maddie McCann-saak kan tot 15 j. tronkstraf in onverwante verhoor kry