GAUTENG. – Vier persone het vanoggend in ‘n ongeluk op die berugte Molotopad in die noorde van Pretoria omgekom.
Renata Erasmus van Advanced Paramedic Assist sê die ongeluk het na 06:00 by die Wallmansthal-interseksie gebeur.
“Ongelukkig is daar verskeie ernstige beserings aangemeld, met vier bevestigde sterftes.”
Erasmus sê paramedici en reddingspersoneel op die toneel het gewerk om vasgekeerde beseerdes so gou as moontlik te bevry.
“Ons gedagtes is by almal wat geraak word.”
