Beskuldigde in moordsaak van Ditebogo Phahlane borgtog geweier

Lees ook :

Foto's: Op lêer en NVG

GAUTENG. – Elia Moeko (36), een van die drie verdagtes wat vir die moord op Ditebogo Phahlane (5) teregstaan, se borgtogaansoek is deur die Pretoria-Noord-landdroshof geweier.

Lumka Mahanjana, NVG-woordvoerder, sê Moeko, Ali Sithole (30) en Nido Gumbe (29) word van moord, roof met verswarende omstandighede, besit van ’n ongemagtigde vuurwapen en besit van ammunisie aangekla. Daarbenewens word Gumbe, ’n Mosambiekse burger, deur ’n bykomende aanklag van onwettige verblyf in die land in die gesig gestaar.

Die aanklagte spruit uit ’n voorval op 10 Mei 2024, toe die drie na bewering die seun tydens ’n gewapende rooftog doodgeskiet het. Tebogo Phahlane, sy pa, was die teiken van die kaping. Ná ’n intensiewe ondersoek deur die Valke is die verdagtes op 23 Mei 2024 in hegtenis geneem. Tydens hulle inhegtenisneming was hulle reeds by Pretoria-Moot-polisiekantoor vir ‘n onverwante saak in aanhouding. Terwyl Sithole en Gumbe vroeër hul borgtogaansoeke laat vaar het, het Moeko ’n beëdigde verklaring ingedien waarin hy aangevoer het dat hy vir sy twee minderjarige kinders en sy oorlede broer se kind moet sorg. Hy het verder aangevoer dat aanhouding tot verlies van inkomste sal lei, aangesien hy ’n haarsalon bedryf en skoolvervoerdienste aanbied.

Adv. Tumelo Letaoana, die aanklaer, het egter die borgaansoek teengestaan en getuienis van sers. Mashudu Savhasa gelei. Savhasa het getuig dat Moeko ’n vlugrisiko inhou, die hof mislei het deur nie vorige skuldigbevindings te openbaar nie en ’n gevaar vir bekende getuies kan inhou. Landdros Maseena Khan het beslis dat die beskuldigde nie geslaag het om buitengewone omstandighede aan te toon wat sy vrylating op borgtog sou regverdig nie. Borgtog is dus geweier.

Die saak is tot 10 September uitgestel.

Lees ook meer hier onder:

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief