Bestuurder sterf toe voertuig van brug stort

Lees ook :

Foto: IPSS Medical Rescue

KWAZULU-NATAL. – Die bestuurder en enigste insittende van ‘n ligte motorvoertuig het gesterf toe die voertuig van ‘n brug af gestort het.

IPSS Medical Rescue sê laat Donderdagaand is berig ontvang van ‘n voertuigongeluk op die N2 naby die Sibayabrug. Met aankoms op die toneel is slegs die een insittende in die voertuig aan die onderkant van die brug aangetref.

Die man het noodlottige beserings opgedoen en is op die toneel dood verklaar.

Die oorsaak van die ongeluk vorm deel van die polisie se ondersoek

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief