NOORD-KAAP. – Sewe verdagtes, insluitend een minderjarige, is Maandag vir beweerde openbare geweld deur polisielede van die openbare orde polisiëringseenheid (OOP) in Kimberley in hegtenis geneem. Die verdagtes is op die N8 naby Greenpoint in hegtenis geneem.
Kol. Cherelle Ehlers, polisiewoordvoerder, sê in ‘n verklaring die situasie word steeds deur die polisie gemonitor. Die polisie doen ook ’n beroep op inwoners om daarvan af te sien om ongemagtigde en onbevestigde berigte op sosiale media te versprei. Ehlers sê die polisie sal slegs geverifieerde verklarings op amptelike platforms uitreik.
Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]





