Biker wil met sy Yamaha R1 Noordpool toe ry

Lees ook :

NEDERLAND – Sjaak Lucassen, ’n avonturier van Europa, beplan om met sy aangepaste Yamaha-sportfiets oor die bevrore see-ys met ’n slee vol voorraad na die Noordpool te ry. 

Lucassen het al regoor die wêreld op sy 2001 Yamaha R1 gery, maar hy moes verskeie veranderinge aan sy motorfiets aanbring om die reis moontlik te maak, berig Visor Down, ’n motorfiets-tydskrif.

Lucassen het ’n sleepwa gebou en gebruik spesiale olie wat nie in uiterste lae temperature sal vries nie.

Volgens die berig gaan Lucassen die reis in drie dele opdeel om dit makliker vir hom te maak.

Kyk op Lucassen se Facebook-blad en webwerf om op datum te bly met sy reis.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief