Blitspatrollielid verloor werk oor R100

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

MPUMALANGA. – Eric Ellias Sibanyoni (47), ‘n voormalige polisiekonstabel, is Maandag ‘n vonnis van twee jaar, opgeskort vir vyf jaar, deur die Belfast-landdroshof op aanklagte teen hom opgelê.

Lt. kol. Magonseni Nkosi sê Sibanyoni het sy werk verloor nadat hy betaling van motoriste op die N4 in die Wonderfontein-gebied gevat het. Die misdadige bedrywighede is in 2019 deur ‘n toeris aan die lig gebring. Met die inligting wat ontvang is, het die Valke, misdaadintelligensie en padverkeersbestuurskorporasie ‘n span saamgestel, waarna Sibanyoni vier maande nadat die inligting ontvang is, gearresteer is.

“Ondersoek het bewys dat Sibanyoni daarvoor verantwoordelik was om opsetlik voordeel te trek uit onetiese gedrag wat in stryd is met die Suid-Afrikaanse Polisiediens se gedragskode nadat hy R100 ontvang het om anderpad te kyk en nie sy plig nagekom het nie.”

Sibanyoni is tydens interne departementele prosedures uit die polisie ontslaan. Hy mag nie in die opgeskorte tydperk aan diefstal, korrupsie of bedrog skuldig bevind word nie.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief