Bluedowns- munisipale hof tydelik gesluit weens protesaksie

Lees ook :

Foto: Google Maps

WES-KAAP. – Die Stad Kaapstad het bevestig dat die Bluedowns- munisipale hof tot verdere kennisgewing vir die publiek gesluit is. Die sluiting is as gevolg van protesaksie buite die Bluedowns-landdroshof.

Die munisipale hof is binne die Bluedowns-landdroshofkompleks in Buttskopweg, Blackheath, geleë. Die nasionale departement van justisie en grondwetlike ontwikkeling het die landdroshof vanoggend gesluit, wat daartoe gelei het dat die munisipale hof ook nie vir die publiek toeganklik is nie. Daar word verwag dat die hof weer op Dinsdag 29 Julie 2025 sal heropen, maar die publiek word aangeraai om vooraf te bel om bevestiging te kry.

Pre-datum verkeersoortredingsboetes kan steeds betaal word by geselekteerde Spar-winkels, aanlyn by www.paythat.co.za, of by enige ander munisipale hof in die stad.

Die Stad vra om verskoning vir enige ongerief. Vir hofnavrae kan Leslie Ann Anthony by 076 0888 849 gebel word.

Nuusflits het polisiekommentaar gevra.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief