Borg toegestaan aan gesondheidsdepartement se hoofde

Lees ook :

Foto's: SAPD, Departement van Gesondheid en LinkedIn

GAUTENG. – Drie amptenare van die nasionale gesondheidsdepartement is vandag (Maandag) elkeen op borgtog van R10 000 vrygelaat, nadat hulle op aanklagte van bedrog en diefstal van meer as R1 m. in die hof verskyn het. Die verdagtes, aan die stuur van die land se gesondheidsdepartement, sluit dr. Sandile Buthelezi (55), die direkteur-generaal, dr. Malixole Mahlathi (67), adjunk-direkteur-generaal van tersiêre gesondheid- en hospitaaldienste, asook die waarnemende hoof van die korporatiewe dienste en Phineas Phaswa Mamogale (46), die finansiële hoof, in.

Kol. Katlego Mogale, Valke-woordvoerder, sê die drie het in die Pretoria- gespesialiseerde kommersiële misdaadhof verskyn. Hulle is met lasbriewe in hegtenis geneem, ná ’n lang korrupsie-ondersoek. Die hof het streng borgtogvoorwaardes opgelê. Dr. Mahlathi en dr. Buthelezi moet hul paspoorte inhandig en daar mag nie vir nuwe paspoorte aansoek gedoen word nie. Al drie mag nie met staatsgetuies inmeng of hul werkplekke betree nie. Hulle mag ook geen verdere misdrywe pleeg terwyl hulle op borgtog is nie. Hulle moet ook die ondersoekbeampte in kennis stel van enige reis binne Suid-Afrika.

Die saak is tot 3 Junie uitgestel. ’n Vierde verdagte en ’n betrokke maatskappy moet nog vasgetrek word.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief