Brekende Nuus
Afrikaans

Boulders Beach tweede beste strand ter wêreld

Data van ongeveer 42 kundiges, onder wie joernaliste en professionele reisigers, is ingewin.

Boulders Beach tweede beste strand ter wêreld. Foto: Perfect Hideaways
Boulders Beach tweede beste strand ter wêreld. Foto: Perfect Hideaways

KAAPSTAD, WES-KAAP. – Boulders Beach naby Simonstad is as die tweede beste strand ter wêreld deur Beach Atlas vir 2024 aangewys.

Die strand is veral bekend vir sy pikkewyne wat permanente inwoners op die strand is.

Kriteria wat vir die toekenning Golden Beach gebruik is, sluit onder andere skoonheid, diversiteit, inklusiwiteit, leefstyl, gemeenskapsbetrokkenheid en kulturele belang in. Data van ongeveer 42 kundiges onder wie joernaliste en professionele reisigers, is ingewin.

Bora Bora-strand op die eiland noordwes van Tahiti is as nommer een aangewys. Die Skeleton-kus in Namibië het die negende plek op die toekenningslys behaal.

Bronne: Golden Beach Awards, The South African, Jacaranda FM