Brandwondbewustheid – ouers gemaan om kinders teen gevare te beskerm

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie

Met Nasionale Brandwondbewustheidsweek, wat vandeesweek gehou word, word gesinne en versorgers aangemoedig om groter aandag aan veiligheid te gee en kinders teen alledaagse gevare in en om die huis te beskerm. Hulle word aangemoedig om waaksaam te wees en voorkomende stappe te neem.

Die Departement van Gesondheid sê kinders is veral kwesbaar vir brandwonde omdat hul vel dunner is. Selfs matige hitte kan ernstige beserings veroorsaak.

Warm vloeistowwe soos kookwater, tee en olie hou ’n groot risiko in en moet altyd buite kinders se bereik gehou word. Aanstekers, vuurhoutjies en sigarette moet veilig weggebêre word en daar moet versigtig met oop vlamme soos stowe, braaivure en kaggels omgegaan word. Daar word ook klem gelê op die belangrikheid daarvan om teen die son beskerm te word. Kinders moenie onnodig aan die son blootgestel word tydens warm dele van die dag nie en beskermende klere en sonskerm moet gebruik word. Elektriese veiligheid bly ’n prioriteit, met die raad om nie kragpunte te oorlaai nie en om toestelle af te skakel wanneer dit nie gebruik word nie. Verwarmers en paraffienstowe moet ook op veilige afstand van meubels en gordyne gehou word.

Ouers word ook herinner om nooit jong kinders sonder toesig in ‘n bad te laat nie, veral wanneer water nog loop, aangesien ongelukke vinnig kan gebeur. Die departement beklemtoon dat eenvoudige veiligheidsmaatreëls kan help om ernstige brandwonde te voorkom en kinders se veiligheid te verseker.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief