Brekende Nuus: Alison Botha-aanvallers se parool gekanselleer

Lees ook :

Foto: Op lêer

Alison Botha se aanvallers, Theuns Kruger en Frans du Toit, se parool is deur dr. Pieter Groenewald, die minister van korrektiewe dienste, gekanselleer.

Botha was tydens die aanval op 18 Desember 1994 deur Frans du Toit en Theuns Kruger verkrag, haar nek 17 keer gesny, sy 37 keer in die maag gesteek en ontwei, waarna sy vir dood gelos is. Du Toit en Kruger is op 4 Julie 2023 op parool vrygelaat.

Die minister is by magte om parool te kanselleer van diegene wat lewensvonnisse opgelê is.

Nuusflits het op 16 Oktober berig Botha (57) veg weer vir haar lewe in ‘n staatshospitaal as gevolg van ‘n brein-aneurisme. Intussen het dit beter gegaan en Botha het weer ‘n terugslag gehad, maar sy het voortgeveg en is op ‘n lang pad na herstel.

Lees die verklaring van die departement van korrektiewe dienste hier onder:

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief