WES-KAAP. – Brig. Nokuthala Pete het glo gedurende Desember 2023 op Facebook gesê sy glo Paarl-polisiestasie is “te wit”. Tydens die plasing het sy na bewering gesê sy sal ‘n aansoek om oorplasing na die stasie toe vir ‘n persoon afteken.
Action Society het gevra dissiplinêre aksie moet spoedig teen dié betrokke stasiebevelvoerder geneem word.
Ian Cameron, die direkteur van gemeeenskapsveiligheid van Action Society, sê sy moes liewer lede motiveer om teen geweld in haar polisiëringsarea te werk, maar sy het eerder rassespanning aangemoedig. Dit het volgens hom die moraal van lede skade berokken. Hy sê sy moet deur ‘n stasiebevelvoerder met ondervinding wat haar lede as ‘n eenheid teen misdaad sal laat saamwerk, vervang word.
“Pete made it known on Facebook in December last year that she believed SAPS in Paarl is ‘too white’. She encouraged someone to apply for a transfer to Paarl and promised to sign off on it. A disciplinary investigation commenced shortly after the incident, and we have learned that the investigation has been completed. Pete took sick leave shortly after the incident and prolonged her annual leave, meaning she hasn’t returned to her post, creating the impression that she is trying to avoid facing the consequences of her actions. Pete must go. We need a strong and experienced station commander that can unite SAPS members in the war against crime. If we want to win the war against crime, we need a motivated, united police service led by people with integrity, rather than racial agendas.”
Bron: Action Society
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel





