Buitelander met ‘gesteelde’ elektroniese ware gearresteer

Lees ook :

Foto's: SAPD

VRYSTAAT. – ’n Buitelander (39) is tydens ‘n gesamentlike polisie-operasie in Bloemfontein gearresteer en 554 selfone, tablette en skootrekenaars, ter waarde van R2,5 miljoen, is gekonfiskeer.

Na die arrestasie van 12 roofverdagtes in die Bloemfontein-sakegebied het die polisie en die gemeenskap met wetsoepassing voortgegaan om diegene wat by rooftogte betrokke is en individue wat gesteelde goedere aankoop, te teiken. Inligting is ontvang, waarna die woonstel van die verdagte, ‘n selfoonwinkeleienaar, in Alexandraweg deursoek en die elektronika in tien sakke ontdek is.

Volgens sers. Mahlomola Karelidie was die toestelle vermoedelik bestem om uit Bloemfontein gesmokkel te word. Slagoffers van rooftogte wat nog nie sake aangemeld het nie, word gevra om met bewys van eienaarskap van elektroniese toerustig na vore te kom om dit terug te eis.

Nog vier verdagtes word deur die polisie gesoek. Die gearresteerde verdagte sal op 22 April 2025 op aanklagte van besit van vermoedelik gesteelde goedere in die Bloemfontein-landdroshof voorkom. Die ondersoek duur voort.

Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by nuus@nuusflits.com

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief