Bulwalvis uit vislyne gered

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

OOS-KAAP. – ’n Bulwalvis (humpback) is Dinsdag suksesvol suid van Kaap Recife in die oop see uit vislyne losgesny.

Craig Lambinon, woordvoerder van die South African Whale Disentanglement Network (SAWDN), sê in ‘n verklaring Kevin Warren van NSRI-Gqeberha het gesê die Lusitania Louisa-Claire, ‘n visvangvaartuig, het die verstrengelde walvis opgemerk en hulp ontbied. Die NSRI se Bay Guardian en Eddie Beaumont II, met SAWDN-opgeleide vrywilligers en gespesialiseerde toerusting, is ontplooi.

’n Groot bulwalvis wat in vislyne en ’n boei vasgevang was, met ’n lyn wat dit aan die seebodem geanker het, is aangetref. Die reddingsoperasie is verder deur ‘n rob, ander bulwalvisse en orkas bemoeilik. Die walvisse het die orkas verjaag.

Na vier uur is al die lyne losgesny en verwyder. Volgens Warren het die walvis gesond en sterk voorgekom en het saam met die ander walvisse weggeswem. Warren het die Louisa-Claire se skipper en bemanning vir hulle rol in die redding geprys.

Lambinon het voorts bevestig dat die netwerk die hele Suid-Afrikaanse kuslyn dek.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief